skip to content

Gideon van Zyl

Gideon van Zyl

Bio

Gideon is al jare lank betrokke in en met Suid-Afrikaanse musiek. Hy het begin on ernstig musiek te maak na sy matriekjaar, en was gedurende die tagtigs en negentigs aktief in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld. Sy eerste album (Jeshua - 1993) was 'n Engelstalige produksie wat saam met Johan Kelber van Zamar Studios in Stellenbosch opgeneem is. Riël Malan het onder andere Afrikaanse woorde vir een van die liedjies geskryf en is onder die naam "Donker Man" op sy album "Tjello"vrygestel in dieselfde jaar.

Vanaf 1996 het Gideon begin konsentreer op die skryf van Afrikaanse musiek tot 1998 toe hy Suid-Afrika verlaat het om 'n werksgeleentheid in Nederland aan te pak. Daar het hy in 'n orkes "the Swinging Blue Screens" kitaar gespeel en ook gesing. Hulle het rock/popliedjies gespeel en verskeie kere opgetree.

In 2002 het Gideon van Saoedi Arabië verhuis vir 'n werksgeleentheid daar, en begin bas speel en sing saam met die rock-orkes "Consortium". Hoewel kontemorêre musiek streng gesproke verbode is in Saoedi-Arabië, is daar 'n groot Westerse bevolking in die land en die orkes was baie besig gewees met optredes by ambassades en Westerse "compounds". Geduredne die tyd het Gideon ook as gaskunstenaar opgetree met ander orkeste, onderandere in die buurland van Bahrein.

Na Saudi het Gideon verhuis na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirates, en saam met 'n groep mense van verskillende kulturele agtergronde musiek gemaak. Sy seun, David het ook saamgespeel en is 'n drommer, keyboard speler en sanger in eie reg. Die style musiek wat hulle gespeel het sluit rock, jazz en popmusiek in.


Gideon se eerste soloalbum sedert 1993 is gereed vir vrystelling in Suid-Afrika. Vir die album "Murg" het hy weer saam met sy ou vriend en ster-vervaardiger - Johan Kelber wat nou sye eie besigheid in Pretoria genaamd Johan Kelber Produksies bedryf - gewerk. Die musikante wat saam met Gideon en Johan aan die album gewerk het klink soos 'n wie's wie van Suid-Afrrikaanse musiek. Neill Ettridge speel drommme, Mauritz Lotz kitaar, Denny Lallouette speel die bas en Barry Snyman speel die saksofoon. Johan speel die sleutelbord en tjello en doen ook saam met Anneke Visagie agtergrondsang. Die produksie bestaan uit twaalf liedjies wat in styl wissel van Blues tot Rock, Jazz en Folk.

Murg is in elektroniese formaat beskikbaar van Rhythm Records (www.rhythmrecords.co.za) , deur die Internet van Take2, Kalahari.net en ook van Bowline. U naaste cd winkel behoort ook te he.


In 2009 het Gideon die band Murg begin en ten spyte van die feit dat Murg nog 'n nuwe band is, het hulle al klaar 'n impak begin maak op die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. Slegs vier maande na hul voerming het hulle deurgedring na die semi-finale van ie Klipdrift Battle of the Bands.

Murg is 'nn 5-stuk band wat oorspronklike musiek en treffers van die afgelope 30 jaar speel. Die band bestaan uit Gideon op kitaar en vox, David van Zyl op dromme en vox, Jacques Sutton op Keys en vox, Jannie Lategan (Johnny Late) op lead en vox en Andrew Friend op bas en vox.


Gideon en Murg tree gereeld op in die land en is beskikbaar vir optredes in die Gauteng omgewing.

Gideon van Zyl bookings contact information

Susan

+27716718513

susan@gideonvanzyl.co.za

Videos by Gideon van Zyl

Songs by Gideon van Zyl

Afrikadag

246

Cost: 5 credits

Login or Register to download this song.

From the Murg album, by Gideon van Zyl.

Listed under Afrikaans  |  Comments: 0  |  rate & comment.

Ek het Nog my Lewe

251

Cost: 0 credits

Login or Register to download this song.

From the Murg album, by Gideon van Zyl.

Listed under Afrikaans  |  Comments: 0  |  rate & comment.

Liriek

249

Cost: 0 credits

Login or Register to download this song.

From the Murg album, by Gideon van Zyl.

Listed under Afrikaans  |  Comments: 0  |  rate & comment.

Op 'n Punt van Orde

250

Cost: 0 credits

Login or Register to download this song.

From the Murg album, by Gideon van Zyl.

Listed under Afrikaans  |  Comments: 0  |  rate & comment.

Web development & hosting by
nellen.co.za website engineers

VCS