skip to content

Zanthé Coetzee

Zanthé Coetzee

Bio

‘n Briefie van Susan Coetzee (Zanthé se ma)

Ek was op ‘n stadium in my lewe dat ek baie graag ‘n baba wou gehad het, maar het op ‘n vroeë ouderdom probleme gehad en moes vir ‘n operasie gaan. Ek het op gebede vertrou, op daai stadium in ‘n spreekkamer gewerk en was baie betrokke met kinders. Op ‘n dag het ‘n pasient van my na my toe gekom en gevra of ek nie weet van iemand wat na ‘n baba kan kyk nie, ek het sommer dadelik geweet my gebede is verhoor. Die volgende dag het ek haar gaan sien, ons het sommer dadelik geweet van beide kante dat dit God se Wil was. Van daai dag af was die baba klaar myne, ons het die res van die swangerskap saam deur gegaan tot die dag van geboorte. Ons het toe klaar daai tyd ge"bond". Daar was geen twyfel, vrees of enige dokumente opgestel behalwe ons vertroue op God. Die geboorte datum is gevestig op 29/04/1993 om 10h00 die oggend in Pretoria, baie opgewonde het ek gewag om die klein seuntjie Zane te noem. Tot by verbasing en groot blydskap gee die suster vir my die mooiste piep klein dogtertjie om teen my bors vas te druk en dadelik het die naam Zanthé by my opgekom, so het ek haar in die hospital gevoed en omgesien en ook na haar biologiese mamma. Na die 4de dag het ons paaie geskei met Wendy (haar ma), hartseer maar vol vertroue het ek en Zanthe ons gang gegaan en Wendy met haar lewe. Daar was gereelde kontak tussen mekaar, ‘n baie mooi verhouding wat ‘n mens as getuienis kan bevestig dat sy waarlik deur my gebede van God gegee is aan my.
So het Zanthe groot geword met volle waarheid en ‘n mooi storie wat sy altyd met trots aan ander vertel het. Zanthé is vandag 16 jaar oud en ‘n pragtige kind met ‘n baie mooi persoonlikheid en ‘n sterk selfbeeld en baie talentvol. Sy is baie lief vir sing en dans. Op die ouderdom van 4 het sy al begin liedjies sing soos "My heart will go on" uit "Titanic".

Van Zanthe

Ek is Zanthe Coetzee en gaan nou graad 11 toe. Ek is in Hoërskool Tegnies in Middelburg. My gunsteling stokperdjie is om te sing en deel te neem aan verskillende aktiwiteite soos drama, opvoerings en skoonheids kompetisies. Ek sing ook Sondae in die kerk en het ook al op verskeie troues gesing. My gunsteling sport is netbal, dans, atletiek, trompoppies en landloop. Die tipe musiek waarvan ek hou is Country, Gospel, Afrikaans bv mal oor Juanita du Plessis se musiek. Ek het 'n sterk selfbeeld, goeie persoonlikheid kan goed kommunikeer met alle persone. Ek sal graag ‘n loopbaan van my sang wil maak.
http:­/­/www­.youtube­.com­/watch?v=amFKhORK5LA


Zanthé Coetzee bookings contact information

Frontstage

0832764608

frontstage@telkomsa.net

Videos by Zanthé Coetzee

Songs by Zanthé Coetzee

Dankie ma

258

Cost: 6 credits

Login or Register to download this song.

By Zanthé Coetzee.

Listed under Afrikaans  |  Comments: 0  |  rate & comment.

Web development & hosting by
nellen.co.za website engineers

VCS