skip to content

Kokainekop Kosie

Kokainekop Kosie

194

Cost: 0 credits

Login or Register to download this song.

From the Twee album, by NuL.

Listed under Afrikaans, Electronica

Rate

You must download the song before you can rate it.

The song has been rated 0 times, and has achieved an average rating of 0.

Comments

There are currently 0 comments about this song.

Please leave a comment:

You need to Login to post a comment.

Lyrics

Kokainekop Kosie lyrics

print lyrics

kokainekop kosie doen twee lyne voor die braai
twee lyne voor die braai
twee lyne voor die braai
van die jagluiperdpoeier wat hom yster laat voel
wat hom yster laat voel
wat hom yster laat voel
hy daag op by die voordeur met nekhare wat rys
met 'n pakkie bier en ys
en 'n sakkie vol vleis
hy's selfvoldaan en grootmeneer en voel sowaar almagtig
en hy se jou wragtig
vir vet lynette sy's pragtig

Maar ou koos se masjien loop 'n klein bietjie swaar
loop 'n klein bietjie swaar
en ou koos voel bietjie naar
En hy snuif nog 'n bietjie van die gomgatvim
van die gomgatvim
van die gomgatvim
Koos is opgecharge soos 'n joker en vier aces
nommer ses voor die races
just give me open spaces
skiet reguit deur kombuis toe om links en regs te flirt
vat aan laura se skirt
die manne raak alert

so gaan dit voort die hele middag lank
die hele middag lank
die hele middag lank
en later voel koos soos 'n voos clutchplaat
hy begin stadig te praat
en homself te haat
sy neus bloei saggies en sy oë jeuk
en sy neushare steek
en sy waagmoed breek
kyk met groot wilde oë en 'n skuins wenkbrou
begin almal wantrou
begin almal wantrou

Almal moet saamstem, dit was onafwendbaar
Koos het sy geluk net te diep die bek in gestaar
Almal het geweet hy gaan nou heeltemal te ver
Toe hy Marie Jordaan se vlegsel sny met 'n kombuisskêr

die manne staan saam, die braai eers vergeet
hulle benader vir ou koos soos leeus wat wil vreet
Onheilspellend trek hulle laer op die ou
met die poeier op sy neus, sy kraag, en sy mou

Vuiste begin maal, houe begin knars
Sy oe swel nog toeër en sy lippe bars
'n Vierkantige trouring word geprint op sy wang
En sy skoene word hoog bo in die boom opgehang

'n Taxi het hom vroegoggend in die straat opgetel
Sy beursie gesteel, met sy foon gebel
Driehonderd rand se Kentucky met sy kaart gaan koop
Maar by hom bly waak tot hy weer self kon loop

kokainekop kosie doen twee lyne voor die braai
twee lyne voor die braai
twee lyne voor die braai
van die jagluiperdpoeier wat hom yster laat voel
wat hom yster laat voel
wat hom yster laat voel

Lyrics By: Adriaan Pelzer

Song Info

Composed by: Adriaan Pelzer

Produced by: NuL

Dit wat die woorde nie sê nie, word uitgebeeld in die ongemaklike groove van die song. Dit is veronderstel om jou 'n bietjie op jou tanne te laat kners, en jou nekhare te laat rys. 'n Bietjie soos ons vriend Kosie wat dik gepoeier by 'n hoog sober partytjie opdaag. Hy's nou so vinnig soos 'n Jagluiperd, maar die harde grond gaan hom een of ander tyd inhaal.

Web development & hosting by
nellen.co.za website engineers

VCS