Cost: 0 credits
Login or Register to download this song.
From the Twee album, by NuL.
Listed under Afrikaans, Electronica
You must download the song before you can rate it.
The song has been rated 0 times, and has achieved an average rating of 0.
There are currently 0 comments about this song.
You need to Login to post a comment.
Die ou van Seattle se T-shirt tanline
steek uit onder sy oranje laken
hy bedel in die strate van Rishikesh
sy geskeerde wit kop skyn soos 'n baken
Hy lyk trots en heilig, hy't sy gat af betaal
om saam met die ander te kan stilsit
by die huis wag sy ma-hulle gedienstig, gedwee
en wonder of hy weet hy's eintlik wit
chorus:
Score my 'n bietjie van jou kulturele bagasie
Ek is moeg vir my issues ek wil intune op 'n nuwe stasie
Ek wil 'n guru gaan soek in Marakesh of miskien in Varanasi
Score my 'n bietjie van jou kulturele bagasie
Daar's 'n man van Brits wat papiere brand op sy oorle pa se graf
En saans hang hy kristalle op, as die honde begin blaf
Hy't sy voordeur laat seën deur 'n guru van Lesotho, hy't sy voortuin laat Feng Shui
Om sy nek hang 'n klein geraamde portretjie van Mata Amritanandamayi
chorus
Die Ah Beng punk van Singapore ry 'n goed getune'de Impreza
Die rooi en blou vlag met die sterre en strepe pryk trots voor op sy dash lah
Die speakers pomp hard aan Black Eyed Peas, hy traai praat soos 'n homeboy nigga
Maar sy medeklinkers verdamp soos mis in sy tipiese straights-Chinese wah
chorusX3
scuse me... how much to the temple?
hundred rupees... hundred dollars!?
no, how 'bout fifty...
come-on, you make good price now,
how 'bout fifty?
fifty dollar to the temple...
seventy-five? No, that's too much...
Lyrics By: Adriaan Pelzer
Composed by: Adriaan Pelzer
Produced by: NuL
Elke derde persoon wil mos deesdae 'n ander kultuur se bagasie dra. As 'n simpel bygeloof ons eie is, dan vergeet ons daarvan. Goed so. Maar laat daar 'n meer simpel bygeloof van een of ander eksotiese Oosterse kultuur af kom, dan betaal ons tienduisend rand om ons voorkamer te laat Feng Shui, of ons gaan op 'n peperduur buddha-pilgrimage Thailand toe.