Cost: 0 credits
Login or Register to download this song.
From the Onvrygestel album, by NuL.
Listed under Afrikaans, Electronica
You must download the song before you can rate it.
The song has been rated 0 times, and has achieved an average rating of 0.
There are currently 0 comments about this song.
You need to Login to post a comment.
Daar bestaan 'n klein oase in die middel van die stad
Waar seewinde waai, waar seewinde waai
'n Warm toevlugsoord vir oud en jonk
dis sewende laan, dis sewende laan
Daar bestaan 'n bose lokval, waar useless akteurs
heen getrek word om deel te maak van die siek spektakel
ten toon gestel word in 'n immorele freakshow
hul siele offer op die sensasietabernakel
Daar bestaan 'n klein oase in die middel van die stad
Waar seewinde waai, waar seewinde waai
'n Warm toevlugsoord vir oud en jonk
dis sewende laan, dis sewende laan
Is daar 'n slegte sirkusmeester agter hierdie sideshow?
wat siek genot put uit die magtelose gespartel.
Wat gunsies ontvang van die akteurs wat vir hom werk
in ruil vir 'n rukkie se sagte gemartel
Dis as ek om my begin rondkyk dat ek begin besef
dat ek nie die enigste een is wat nogal betreklik gatvol is
vir die loutere kak wat dag na dag, week na week, maand na maand
jaar na jaar opgedis word in die naam van Afrikaans - MY moedertaal
En dan besef ek dat daar nog mense is wat in die stilligheid wonder
wanneer Afrikaanse mense nou gaan ophou om te skater wanneer
iemand poep of bliksem sê op televisie ...
Lyrics By: Adriaan Pelzer
Composed by: Adriaan Pelzer
Produced by: NuL
Nugter alleen weet waar dit begin het - seker by die Huisgenoot - maar Afrikaanse mense kan soms die grootste pot kak oneindig vermaaklik vind. Dit geld vir alles van musiek tot poepgrappies. Myns insiens is Sewende Laan die beste voorbeeld van hierdie verskynsel. Onluisterbare kenwysie, onnosele direction, onnatuurlike diksie, die lys gaan aan ... en die volk gaan aapkak.