Cost: 0 credits
Login or Register to download this song.
From the Twee album, by NuL.
Listed under Afrikaans, Electronica
You must download the song before you can rate it.
The song has been rated 0 times, and has achieved an average rating of 0.
There are currently 0 comments about this song.
You need to Login to post a comment.
Gerome Djimbovsky se werk het behels
dat hy die oë van sy gewete soms styf toe moes knyp
In ruil vir sy geldjies en 'n jaareindfunksie
Moes hy maar sluk, en doen soos beveel
Maar saans as hy by die huis instrompel
Het Gerome gedroom dat hy kan vlieg
En in hierdie waan het hy deurnag vertoef
Verfris, vir nog 'n dag se lieg
En toe, een dag skielik, die wonderwerk
Net voor die vergadering met die Petrakov broers
Sy baadjie het begin bult, sy blaaie gejeuk
Want kyk: op sy skouers, het twee vlerke gepryk
Gerome het sy jas trots afgegooi
En Gaan staan op die twaalfde vloer se balkon.
Op die lysie het hy stralend sy vlerke gesprei
En soos Ikarus, gevlieg, na die son
Die koerant het hom geplaas op bladsy vyf
'n foto van 'n groot swart sak met 'n zip
Met sy hand wat daar uitsteek, en 'n fyn straaltjie rooi
Om te wys, hy't werklik geleef
En op die voorblad pryk die Grote Nuus
Die saak is uiteindelik beklink.
En 'n pragtige groot foto van die Petrakov broers
Wat 'n glasie daarop klink.
Lyrics By: Adriaan Pelzer
Composed by: Adriaan Pelzer
Produced by: NuL
Ek dink die meeste mense wat uit die ratrace uitgedrop het omdat hulle die daaglikse dosis lieg net nie meer kon vat nie sal aanklank vind by dié song. Gerome Djimbovsky is 'n gewone ou met 'n gewone job by 'n groot company. Die ding is net - hy's gebore met vlerke, maar hy weet dit nie. Op 'n dag kom daar 'n sterk wind verby, skep sy vlerke, met hom daarmee saam.