Average Rating: 5.0 from 1 vote | Cost: 5 credits
Login or Register to download this song.
From the n/a album, by Rudi Steenkamp.
You must download the song before you can rate it.
The song has been rated 1 time, and has achieved an average rating of 5.0.
There are currently 0 comments about this song.
You need to Login to post a comment.
Leweloos, le die lyk van 'n malman...
wat met oorgawe gesoek het na 'n liefde
in 'n doolhof van dood
Een weg sou lei tot die uitgang,
maar paniek't gegryp en nou le die lyk van 'n malman
in die doolhof van dood...
Laat my lewe met gesigtelose drome
Laat my lewe met sorgeloos gewete
Tevergeefs was die dood van die malman,
want met agterdog volg ek die spoor
van 'n malman in die doolhof van die dood...
Doodsbleek, die gesig van die wysman
wat met oorgawe gesoek het na die waarheid
in 'n doolhof van dood
Antwoorde kom in dubbelsinnige vorm,
wat aandui daar's geen plek meer vir die wysman
in die doolhof van dood...
Agt-en-tagtig lyke le in die gange,
elkeen met 'n hartseer verhaal
van mislukte pogings na die drange wat hul dra,
vir ewigheid en daarna...
Maar 'n siel het net 'n stem in 'n liggaam
Eggo's van dade weerklink in doodstil gange
van die malman en die wysman se kop,
en wie weet, dalk jou kop ook,
want jy loop reguit na die doolhof van die dood...
Reguit na die doolhof van die dood...
Lyrics By: Rudi Steenkamp
Composed by: Rudi Steenkamp
Produced by: n/a
Video available for this song